Farm Secretaris

Tell Us Your Experience

We value your feedback, view what others had to say

Write a new entry for our Guestbook

 
 
 
 
 
 
Fields marked with * are required.
Your E-mail address won't be published.
It's possible that your entry will only be visible in the guestbook after we reviewed it.
We reserve the right to edit, delete, or not publish entries.
Andre vd Merwe (Voormalige President) Bosveld Jagters en Wild Bewaring Vereniging Andre vd Merwe (Voormalige President) Bosveld Jagters en Wild Bewaring Vereniging wrote on January 29, 2023 at 5:55 pm
Ons het Augustus 2021 by Wildrock Safari’s op die Plaas Secretaris naby Kimberley gejag. Ons was 8 jagters van Gauteng af, waarvan 3 nog nooit gejag het nie. Die huis waarin ons gebly het is n baie mooi gerestoureerde plaashuis met 4 kamers en 3 badkamers. Die huis het nog die oorspronklike houtvloere met hout venster- en deurrame. Dit pas so goed by die mooi semi-kalahari omgewing. Ons het bitter lekker gebly en by die mooi braai area kon ons saans lekker kuier. Na ‘n lang dag se jag was die luukse kuierplek, net die plek om die dag se jag te kon bepreek. Die kuier is opgekikker deur die wit tarentale en die mak meerkat wat op die erf rondloop. Twee van die jagters was geregistreerde voël ringers wat ons op die groot verskeidenheid wilde inheemse voëls gewys het. Die ongelooflikste van die voëllewe is die groot hoeveelheid aasvoëls wat nes op die Kameeldoringbome. In die Bosveld is ons gewoond om hulle op ESKOM pale of kranse te sien. Die veld was bitter mooi na baie goeie reëns met baie gras en groen Kameeldorings. Die variasie in die veld tipe is ongelooflik. Daar is Bosveld, grasveld en dan rooiduine wat jou tipe jag opsies maak net soos jy verkies. Ons het die normale “walk and stalk”, voorsit jag en selfs met die voertuig in die oop vlakte gejag. Daar was genoeg wild en tyd om die nuwe jagters met geduld elkeen n kans te kon gee om meer as een bok te kon jag met een skoot per bok. Ons het al ons bokke wat ons beplan het om te jag gekry. Dit is die plaas met die grootste Blesbok en springbok ramme wat ek nog gesien het. Die laaste dag het ons in die goed toegeruste slag kamer al die vleis bewerk en kon selfs met een van die plaas se skape die skaapvet in ons droëwors inwerk. As jy gewoond is aan bosveld jag is hierdie die plek om die Kalahari te kom ervaar. Juweel mense wat uit hulle pad gaan om jou ervaring te maak presies soos jy dit voorgestel het.
Please wait...

Our Associated Partners.

get updated news & offers

Subscribe

* indicates required